The following projects can by booked from EPM Projects:

   

Bye Ma, Jaypee is gegrond op die ware verhaal van Jaypee Malherbe (64), ’n haarkapper van Kaapstad wat veral bruide op hul groot dag mooi maak. Elke jaar sedert sy ma se dood in 2002 het hy op haar verjaardag ’n brief aan ’n dagblad gestuur as huldeblyk aan haar.

    Die Babalela het amper geen voorstelling nodig nie. Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maaitjies ingekruip en elke dag is daar nog iemand wat die avonture van die Babalela meeleef. “Diep, diep in ‘n donker bos…waar die son net soms deur die takke loer. Diep, diep in ‘n donker bos…waar die varings welig, diepgroen staan. Diep, diep in ‘n donker bos in ‘n hol boomstop, net onder ‘n blaar, woon…DIE BABALELA
   

HAAS DAS HOU KONSERT:
Boeboe en die warm, pap maroela.
Dit is dan nou sesuur en hier volg ‘n baie belangrike aankondiging!
Haas Das se Nuuskas, dit is nou EK en my dierevriende kom kuier binnekort in Menseland...al die ou bekende dierevriende asook ‘n paar nuwelinge en natuurlik die pragtige liedjies sal daar wees!
Hier volg ‘n nooduitsending – regstreeks vanaf JOU VENUE!
Boeboe Bobbejaan het aan ’n warm pap maroela gesuig, sy kop het begin draai, hy het in ’n erdvarkgat geval en sy roes uitgeslaap. Bettina Bobbejaan is in ‘n vreeslike toestand, sy glo vas dat Hoohoeff Hiëna haar jongstetjie, Boeboe gevang het.
Ons vra dat ALMAL, en dis nou JULLE, moet kom help met die groot soektog na ons geliefde klein Boeboe Bobbejaantjie!

   

Wielie Walie:
Sarel Seemonster, Karel Kraai en Bennie Boekwurm is hier met lekker stories, grappies en liedjies. Op vrolike wyse word daar geleer hoe om te deel en lekker saam met jou maatjies te speel.
Karel Kraai, Sarel Seemonster en Bennie Boekwurm is baie bly dat die eensame Kwaggatjie Wagga Wagga Kwag by hulle kom woon het. Daar word gesing, gedans, geleer en grappies gemaak. Bennie Boekwurm vertel splinternuwe stories!
Dit is nog ‘n vars skepping uit die pen van Louise Smit.